Baie welkom by die webwerf van die ACK - Hawke's Bay gemeente.
Dit is vir ons 'n voorreg om in die diens van die Here hier in Hawke's Bay, Nieu Zeeland te kan staan. Ons vertrou dat jy al die nodige inligting waarna jy op soek is, net hier op ons webwerf sal kry. Indien daar egter enige vrae mag wees, moet glad nie huiwer om ons te kontak nie.
Ons webblad is steeds onder ontwikkeling en ons wil jou graag nooi om gereeld in die komende maande ons webwerf te kom besoek vir nuwe en opwindende ontwikkelinge.
Mag jy Christus se seën in jou lewe ervaar wanneer jy streef om volheid vir Christus te leef!
Vertel ander van Jesus. God wil hê dat ons vir ander sal vertel hoe om die ewige lewe te ontvang. Deel met ander hoe jy Jesus as Verlosser gevind het.
Markus 16:15 "En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom."