- God die Vader wat Almagtig is en die Skepper van alles.
- Jesus Christus en die leer oor verlossing deur genade alleen en die ewige lewe.
- Die Heilige Gees wat inspraak het in die mens se lewe, ons lei en bewus maak van roeping, gawes en talente.
- Ons glo dat die Bybel die onfeilbare Woord van God is.
- Ons glo aan die Nuwe Testamentiese model van kerk wees, waar die gemeente as liggaam van Christus funksioneer en elkeen 'n gawe en funksie het en moet meewerk tot die opbou van die gemeente.