
Ons eredienste is 'n fees wat fokus op ons ontmoetig met die Here en die belewing van die gemeenskap van die gelowiges, en nie op onsself en ons tradisies nie.
Ons doen 'n beroep op almal om hulle geestelik voor te berei vir die eredienste.
Bid dat daar 'n ontmoeting sal plaasvind tussen jou en die Here en met ander lidmate.
Ons is gesamentlik die familie van Jesus Christus.
Jy kan deel wees van 'n gemeente in jou eie taal in 'n vreemde land, omdat God se genade groot is.
Dit is 'n voorreg wat ons almal in liefde en dankbaarheid moet oppas.
Ons bedien koffie en tee na die erediens en almal word hartlik uitgenooi om gesellig saam te kuier.