Almal is welkom om deel van die ACK Hawkes Bay Gemeente te word, as hul hier tuis voel.
Elke individu/gesin bepaal self of dit die kerk is wat hul die beste gaan toerus om die Here te dien.
Almal in ons gemeente is ewe spesiaal en belangrik, ongeag van hul vorige kerkverbintenis.
Ons karakter is informeel en daarom poog ons om die hele gesin by die erediens te betrek en te bedien.
Hoewel ons 'n Afrikaanse gemeente is, verstaan ons dat die behoefte aan Engels al hoe groter word, omdat ons kinders meer gemaklik daarmee is en baie Afrikaanssprekendes met Engelssprekendes trou.
Ons het ook 'n roeping en taak wat taal te bowe gaan. Daarom word daar reeds aandag gegee aan die gebruik van Engels, bv. in ons Kinder- en Jeugbediening.
... maar oor God. Ons is 'n nuwe kerk wat deur Suid-Afrikaanse immigrante in Nieu Zealand gestig is.
Ons kom uit verskillende kerke in SA en daarom is 'n NUWE KERK met 'n NUWE IDENTITEIT gestig.
In die ACK Hawkes Bay Gemeente gaan jy die wonderlike geleentheid kry om verby die (menslike) verskille en geskille te kyk en die eenheid van gelowiges in Jesus Christs te beleef.
"Dit is een liggaam
en een Gees, soos julle ook geroep
is in een hoop van julle roeping; een Here,
een geloof, een doop, een God en Vader
van almal, wat oor almal
en deur almal en
in julle almal is."