Ons Karakter & Gewoontes

  • Ons kerk is 'n samestelling van gelowiges uit 'n ryke verskeidenheid van kerklike agtergronde, saamgevoeg deur God se genade.
  • Ons is 'n nuwe kerk wat vernuwend, binne ons nuwe omstandighede, wil bly dink en daarom maak ons almal aanpassings.
  • Ons wil bo alles God verheerlik en aan Hom gehoorsaam wees.
  • Om so kerk te wees waar almal in liefde ervaar word, by mekaar kan leer en saam groei tot eer van die Here, is 'n voorreg.
  • Ons is 'n kerk wat eerstens God se Woord gehoorsaam en daarom strewe ons daana dat ons kerk 'n feestelike en getuigende karakter sal hĂȘ.