Ons Gemeente

    "Die Gemeente met die Warm Hart!"

    Die Woord van God leer dat 'n kerk of gemeente nie bestaan uit 'n gebou nie, maar uit die Liggaam van Christus - met Jesus as die Hoof.  Paulus maak dit duidelik in die brief Efesiërs dat alle ware gereddes deel uitmaak van Christus se liggaam en daarom ook nodig het om die eenheid onder mekaar te bewaar.

    Verder het God elkeen geseën met gawes om effektief vir Sy Koninkryk te getuig, maar ook om mede-gelowiges in die Here te dien.

    In ons gemeente is dit vir ons belangrik om die liefde van Christus teenoor mekaar uit te leef en daarom streef ons ook daarna om alle besoekers en lidmate hartlik welkom en tuis te laat voel.  Daar heers 'n atmosfeer van liefde en 'n "familie band" tydens ons byeenkomste.

    Ons gemeente getuig ook van 'n spontane "sorg en uitreik" na mekaar.  Ons is ingestel op mekaar se behoeftes maar geniet dit ook om in mekaar se vreugdes te deel.

    Ek vertrou dat jy hier so ietsie van daardie warmte sal ervaar.  Ek hoop jy geniet die fotos en kom gesels gerus saam op ons forum blad of kom deel op ds. Derik se "Blog".  Indien jy 'n spesiale gebedsversoek het is jy welkom om vir ons 'n boodskap te los op die gebedsblad, ons sal graag saam met jou wil bid.  As jy egter die behoefte het om persoonlik met iemand te gesels, kontak gerus vir ds. Derik vir bystand.

    Mag jy Jesus se liefde saam met ons beleef!