Ons kom elke Sondag om 9:00 gedurende die somer maande (September tot April) en om 10:00 gedurende die wintermaande (April tot September) bymekaar. Ons maak gebruik van 'n gebou by die "Eastern Institute of Technology" (EIT) by die volgende adres: 501 Gloucester street, Taradale, Napier.
Vir u gerief is hierbo 'n kaart beskikbaar waarop jy die nodige aanwysings vanaf enige adres kan bekom.
Ons kom in die "Lecture theatre K1" op die kampus bymekaar. Draai dadelik links by die sirkel kort na die hoof ingang en ry aan totdat jy die ingang sien (duidelik gemerk ACK Hawkes Bay) op die regterkant. Parkeer gerus enige plek op die aangewysde parkeer areas en kom geniet die diens saam met ons.
Vir verdere aanwysings sien asb. 'n kaart van die kampus met die nodige aanwysings hieronder.